ALGEMENE VOORWAARDES

LEES ASSEBLIEF VERSIGTIG DEUR

1. KOSTES

Die toerprys word by elke toer aangedui.

2. Algemeen
- Die toeslag op enkelkamers (indien beskikbaar) is R3 300,00 per persoon.
- Die toerprys is onderhewig aan verandering en gekoppel aan die prys van die vliegtuigkaartjie en die    wisselkoers van die Rand.  Kyk by "Vrae". 
- U moet redelik gesond en fiks wees. U moet ten minste 3 kilometer kan stap en self u bagasie kan versorg vanaf die vliegtuig, bus tot in die hotelkamer en terug.
-Persone ouer as 75 kan slegs die toer meemaak as hulle vergesel word van 'n jonger kamermaat wat na hulle kan omsien.
- Dit is nie die plig van Tienie Jonker Toere om vir u 'n kamermaat te soek nie.


Die toerprys sluit die volgende in:
- Retoervliegkaartjies vanaf Johannesburg na Europa en terug
- Verblyf in goeie toeristeklas hotelle. Alle kamers het privaatbadkamers
-Twee etes elke dag behalwe waar anders aangedui (op versoek word een aandete nie ingesluit nie)
- Busvervoer in 'n luukse, lugversorgde toerbus met toilet en koffiekroeg
- Tolbelasting en parkeerkostes
- Ekstras soos aangedui by elke toer.

Die volgende word nie ingesluit nie:
- Koste om 'n paspoort en visum te verkry
- Lughawebelasting en brandstofheffing (R2 000 is reeds ingesluit by die toerprys)
- Reisversekering
- Sakgeld
- Ander opsionele uitstappies en toegangsfooie.

3. BETALINGS
Doen alle inbetalings of elektroniese oorplasings na die volgende rekening:

Bank: Standard Bank
Rekening: Tienie Jonker Toere
Rekeningnommer: 134915100
Takkode: (05)2838 Potchefstroom

4. KANSELLASIES:
- Toerlede wat tot 4 kalendermaande voor vertrekdatum skriftelik kanselleer sal 30% van hulle depositos terugontvang en die res van die ander reedsbetaalde gelde.
- Alle kansellasies op korter kennisgewing, sal op meriete hanteer word en terugbetalings sal geskied op dieselfde skaal as wat Tienie Jonker Toere reedsbetaalde fondse van hotelle en lugrederye kan terugvorder.

5. ALGEMEEN:
- Alle fondse ontvang, word in trust gehou totdat betalings aan hotelle, lugrederye ens. namens toerlede gemaak word. 
(Boekhouer: Mnr Maarten Schutte van Philip Miller en Kie, tel. 018 293 4000)
- Die toerbestuur behou die reg voor om die toer te kanselleer indien daar nie genoegsame inskrywings is om die toer ekonomies regverdigbaar te maak nie. In hierdie geval sal reeds betaalde toergeld aan die lede binne 14 dae terugbetaal word.
-As 'n toerlid se gedrag sodanig word dat dit die gladde verloop van die toer benadeel of aanstootlik is vir ander toerlede, behou Tienie Jonker Toere die reg voor om sodanige toerlid se deelname aan die toer summier op te skort
sonder enige aanspreeklikheid of kompensasie aan die betrokke toerlid.
- Die toerbestuur het die reg om die toerprogram te wysig, te verkort of te kanselleer in die belang van die veiligheid van die toerlede of as gevolg van onvoorsiene veranderings aan die vlugplanne van lugrederye en hotelbesprekings.
- Met die uitreiking of verkryging van enige kaartjie of koepon en die treffing van enige reëling vir vervoer of verblyf tree Tienie Jonker Toere slegs as u agent op en is hulle geensins aanspreeklik as prinsipale nie.
- Tienie Jonker Toere aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige ongerief, verliese, skade, ens. wat mag voortspruit uit ongelukke, weersomstandighede, stakings, oproer, vertragings, oorlogsoptrede of enige onvoorsiene gebeure buite beheer van die toerbestuur nie.
- Bagasie en persoonlike eiendom wat op die toer meegeneem word, is op eienaarsrisiko en u word aangeraai om dit self te verseker (U kan gewoonlik op u huiseienaarspolis ekstra dekking kry).

- Indien u bagasie die voorgeskrewe afmetings of massa oorskrei, hef die busmaatskappy 'n hanteringsfooi van tot €5 (R60) per dag.

aaaaaaaaaaaaiii