Vir navrae en besprekings
Gretchen Klue
Telefoon & Faks : (021) 872 6690  
Selnr : 072 356 3945

Reisprogram

Dag 1 (26 Junie) : Kaapstad / JHB / Singapoer
Ons ontmoet op Kaapstad Internasionale Lughawe en vlieg via Johannesburg na Singapoer.

Dag 2 - 4 (27 Junie tot 30 Junie) : Chiang Mai (SA +5 ure)
Ons arriveer vroegoggend in Singapoer. Verwissel van vliegtuig en vertrek na Chiang Mai in Thailand waar 3 nagte in 'n sentraal geleë hotel tuisgegaan sal word.
Besienswaardighede en ervarings :
Besoek nag- en dagmarkte, handgeverfde sambreelfabriek, Jade, silwer, sy en katoenprodukte teen ondenkbare pryse. Ons woon 'n olifantvertoning by, ry deur die asemrowende natuurskoon op olifante en oskarre en rivier-af op bamboes riviervlotte en besoek ook 'n orgidieeplaas waar ons middagete sal
geniet. Die laaste aand word daar by 'n spesiale geleentheid afskeid geneem van een van ons geliefde toergidse (aandete op die oewer van 'n pragtige rivier).
Alle ontbyte, een middagete en een aandete ingesluit

Dag 5 - 8 (30 Junie tot 4 Julie) : Phuket
Vlieg na Phuket waar 4 nagte oorgebly word. Phuket is Thailand se grootste eiland, 'n ware tropiese paradys met sy lieflike goue strande en talle besienswaardighede.
Besienswaardighede en ervarings:
Ons besoek die James Bond Eilande, een van die mees pragtige tonele wat jy kan meemaak (dis 'n MOET). U kan ook 'n fantasievertoning (vir u eie rekening) bywoon. Dit het die toekenning as Thailand se beste attraksie ontvang. Die wat wil, kan op 'n daguitstappie per boot na die Phi Phi Eilande vaar, waar daar geleentheid sal wees om in die see saam met die kleurvolle visse te snorkel.
Alle ontbyte en een middagete ingesluit

Dag 9 - 13 (4 Julie tot 7 Julie) : Koh Samui
Vlieg vanaf Phuket na Koh Samui waar daar 4 nagte oorgebly word. Die hotel is sentraal geleë aan die suidekant van die tropiese Samui Eilande se welbekende "Chaweng Beach". Die oord dien as 'n betowerende oase vir die toeris wat op die uitkyk is vir 'n magiese ervaring wat blywende indrukke sal laat.
Daar is soveel om te doen en te besigtig, die keuses is groot en daar is vir elke ouderdomsgroep iets fantasties wat jy nooit sal vergeet nie.
Alle ontbyte en een middagete ingesluit

Dag 14 - 15 (8 Julie tot 10 Julie) : Singapoer (SA +6 ure)ure)
Vlieg direk na Singapoer, waar 2 nagte oorgebly word en genoeg tyd sal wees om die laaste inkopies te doen.
Besienswaardighede en ervarings (opsioneel) :
Sentosa Eiland, Onderwater Wêreld, Dolfyn Lagoon, Water Musiekfontein, Jurong Voëlpark, China Town, nagavontuur op rivierboot (buffetete ingesluit). Koop beste waarde-vir-geld artikels soos gehalte pêrels, parfuum en elektroniese ware. Singapoer is die skoonste en mees gedissiplineerde stad ter wêreld.

Dag 16 (11 Julie) : Johannesburg / Kaapstad
Vertrek vanaf Singapoer en arriveer vroegoggend in Johannesburg en vertrek dan na Kaapstad Internasionale Lughawe.

 


PRYSBESONDERHEDE:

 Let Wel: Alle pryse is onderworpe aan herberekening op grond van wisselkoers verandering.
 'n Nie-terugbetaalbare deposito van R3 500,00 per persoon word met bespreking verlang.
 'n Volledige uiteensetting van wat by die toerprys in- en uitgesluit is, word verskaf.
 Reisversekering is verpligtend. Groeptariewe is beskikbaar tot en met 69-jarige ouderdom.

INGESLUIT BY TOERPRYS:
Alle vervoer, o.a. ekonomiese klas vliegtuigkaartjies, luukse lugverkoelde busse, bootritte  
   na  eilande
Alle verblyf in eersteklas, sentraal geleë hotelle (2 persone per kamer)
Daaglikse ontbyt (behalwe in Singapoer)
Heelparty aand- en middagetes
Dienste van 'n uiters bekwame, gekwalifiseerde, Engelstalige toergids wat die groep voltyds
   in Thailand vergesel
Sekere fooitjies
Vervoer na, asook toegangsgelde van sekere attraksies in Thailand

UITGESLUIT VAN TOERPRYS:
 Lughawebelasting (ongeveer R4 500,00 gekoppel aan wisselkoers)
Reisversekering (teen groepsprys )
Enkelkamertarief
Persoonlike uitgawes soos drankies, was- en strykgeriewe, telefoonoproepe

OPSIONEEL EKSTRA (EIE REKENING):
Toere na besienswaardighede in Singapoer
Fantasie kabaretvertoning in Phuket ('n onvergeetlike ervaring). Moenie dit misloop nie.
Die bekende Phi Phi Eilande
Thai masserings, wat oral vrylik beskikbaar is, beloof om 'n belewenis te wees teen 'n 
   geringe prys

LET WEL:
Geen visums word benodig.
Paspoorte moet geldig wees vir 'n addisionele 6 maande na terugkoms.

aaaaaaaaaaaaiii