8 Mei tot 23 Mei 2012
Ons gewildste toer vir 'n eerste besoeker aan Europa
16 FANTASTIESE DAE
SLEGS R25 450 per persoon wat deel Vliegkaartjies en twee eteselke dag ingesluit.
Toer reeds volbespreek! Daar is nog plek op ons Augustustoer.
Ekstras ingesluit by u toerprys:
Reeds R2000 van die lughawebelasting (toerprys dus R23 450)
Busvervoer in Europa in 'n luukse lugversorgde bus
Gragtevaart in Amsterdam
Toegang tot Grosssglockner nasionale park
Bootvaart (2 ure) op die mooiste deel van die Ryn
Heeldagkaartjie vir die waterbusse (Vaporettos) in Venesië
Toerprogram:
(Kliek op die onderstreepte, gekleurde woorde vir meer inligting) Dag 1 - Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal met die nuwe, reusagtige Airbus A380. Geniet aandete aan boord asook ontbyt net voor ons land in Amsterdam. Dag 2 - Kry ons persoonlike luukse lugversorgde bus by die lughawe en vertrek dadelik na Keukenhof waar u u kan verlustig in die pragtige tulpe en ander blomme. Slaap in Amsterdam. Dag 3 - Besoek Amsterdam en doen 'n gragtevaart. Res van die oggend vry in Amsterdam. Namiddag besoek ons die gewilde Volendam voor ons terugkeer na ons hotel vir aandete. Dag 4 - Vertrek net na ontbyt ooswaarts deur Nederland na Keulen in Duitsland. Besoek die die wêreldbekende Dom met die grootste swaainde klok in die wêreld (die klepel alleen weeg 1,6 ton). Besoek die bekende 4711 "Eau de Cologne". Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag. Dag 5 - Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim . Besoek die bekende Drosselgasse. Wat van 'n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument? Laatmiddag het ons 'n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim. Dag 6 - Sit vanoggend ons reis voort na Heidelberg. Hier kry u die geleentheid om die bekende studentekroegie "Zum roten Ochsen" te besoek. U kan ook die Heidelbergse kasteel besoek of sommer lekker kuier in Haupstrasse, die langste inkopiestraat in Duitsland. Ons sit ons toer voort na die Swartwoud en die pragtigste dorpie Triberg. Na 'n besoek aan die koekoekhorlosiewinkels en die grootste koekoekhorlosie ter wêreld, oornag ons in Triberg met sy pragtige waterval. Dag 7 - Toer verder na Basel waar ons die grens na Switserland oorsteek. Reis na Luzern en slaap aan die voet van die Pilatusberg in Alpnachstadt. Dag 8 - Oggendbesoek aan die berge en mere in die omgewing van Luzern. As die weer dit toelaat kan ons een van die sneeubedekte bergspitse per sweefspoor besoek. Middag besoek ons Luzern. Sien onder meer die Luzernmeer en die Kapelbrug. Dag 9 - Sit ons toer voort na die Rynvalle by Schaffhausen en ry dan verder deur Switserland en die mooiste dele van Oostenryk na Hohenschwangau in Duitsland waar ons aan die voet van die Ammerberge tussen die kastele oornag.
Dag 10 - U kry vanoggend geleentheid om Neuschwanstein, die sprokieskasteel van koning Ludwig van Beiere te besoek. Middag vry om op die Alpmeer te gaan roei of die naburige stadjie Füssen te besoek. Dag 11- Reis na Unken in die Oostenrykse Alpe. Doen aan by Oberammergau. Hou u kamera reg vir die mooiste natuurskoon. Oornag in pragtigste dorpie Unken. Die natuurskoon hier is onvergelyklik. Dag 12 - Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzsachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek 'n geskiedkundige soutmyn waar u kan afdaal en op 'n ondergrondse meer kan vaar. Oornag weer in Unken. Dag 13 - Vertrek vanoggen na Zell am See en steek die onvergeetlike Grossglocknerpas oor. Gewoonlik is die pas hierdie tyd van die jaar nog bedek met 'n sneeukombers. Reis oor Villach na Italië. Slaap vanaand in Lido de Jesolo so 200 meter vanaf die Adriatiese see. Dag 14 - Heeldagbesoek aan Venesië per boot. Besoek glasblasers, St Markusplein, brug van sugte, Grand Canal en vele meer. Wat van 'n gondelvaart? Dag 15 - Haal vanoggend ons vliegtuig na Parys. Kry 'n Franse bus op die lughawe vir 'n stadstoer na Champs Elysees,Eiffel, Louvre en vele meer in Parys. Vertrek so 20:00 na die lughawe vir ons terugvlug na JNB met die groot, nuwe Airbus A380. Aandete geniet u aan boord met 'n glasie Franse wyn of drankie van u keuse. Dag 15 - Geniet ontbyt op die vliegtuig. Land op JNB teen ongeveer 9:40, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer. Jy wil dit nie misloop nie!