Enkele aanhalings uit briewe van Oudtoerlede:
Liewe Tienie en Harda, Tienie en Harda, Weereens dankie dat julle vir my 'n deeltjie van ons groot wonderlike wereld gaan wys het. Dankie vir die goeie verblyf wat julle nog elke keer gereel het, die kos was heerlik, die reelings, soos laas keer, perfek. Alles het sooo goed verloop.
Vir my was natuurlik Rotenburg en Rudesheim heerlik, Praag se binnekant van die stad - WONDERLIK-
Budapest - WONDERLIK, die heel beste was Weenen, neeee, nou jok ek wat dan nou van BRUGGE - hoe kies mens??? Weereens was my mond tjooepstil en het oopgehang. Die konserte pratig!
Magriet Meiring (Aug. 2010) Baie dankie vir die besondere manier waarop julle die toer aanbied, al die voorbereiding (sodat ons dit net kan geniet!), al die klein jakkalsies wat julle so sit-sit-so uitsorteer. Dit was vir ons 'n voorreg om deel van die toer te wees en het dit alles as WOW geniet. Nou is dit tyd om die horde foto's te "edit" en die lekkerte weer te beleef. An en Ockie Fourie (Aug. 2010) Baie dankie vir al die reëlings vir 'n wonderlike vakansie. Ons het dit baie geniet en beplan alreeds aan ons volgende vakansie wat ons met julle wil onderneem so 2012 of so. Die plekke wat ons gesien het en die dinge wat ons gedoen het kan jy nie vir iemand beskryf nie, dit moet self ondervind word. Mooi was nog nooit so mooi soos wat ons gesien het nie. 'n Mens kry sommer koue rillings van lekker kry. Die Drie Barnards (Mei 2010) Ek wil net namens my en Lukas sê, BAIE BAIE DANKIE vir die heerlike toer. Ons het dit opreg geniet, als wat ons gesien, beleef en ervaar het was absoluut 'n onvergeetlike ervaring. En al die reëlings en als was puik, ek sal graag vir Klaas en Elna self ook wil bedank, maar ek het nie 'n e-mail adres van hulle nie, anders wys maar net vir hulle ons mail. Ons begin nou al spaar vir ons volgende vakansie. Dis so lekker om nie oor enige reelings te worrie nie, waar slaap jy, wat eet jy, waar/of wat besoek jy volgende ens. Hou so aan met julle goeie werk, ons gaan defnitief as ons die gesondheid gespaar word weer saam julle toer. Groetnis Lukas en Christelle van Vuuren (Mei 2010)
Ons veilig tuis en dood moeg na 'n wonderlike toer. Ons wil net baie dankie se vir al jou moeite om vir ons so 'n wonderlike toer te reel. Graag wil ons ook vir Klaas en Elna baie dankie se vir al hulle vriendelikheid, dit was heerlik om saam met hulle te toer. Nogmaals dankie, hoop julle toer in Augustus is net so lekker.
Louis en Lynette Laubscher (Mei 2010)
Wat 'n belewenis! Dit was fantasies! Ongelooflik! Baie baie dankie vir 'n wonderlike toer! Eerstens Elna en Klaas ons toerleiers was uitstekend! Wat 'n voorreg om sulke mense te leer ken! Vir my eerste toer saam julle was dit onbeskryflik! 10/10. Die begin van vele! Ons fotos is pragtig! Dit was 'n voorreg om saam Tienie Jonker toere ons eerste kennis oorsee te maak. Dankie vir jul ervare hulp, geduld, buigsaamheid en gewillige oor. Dit was so lekker om in Afrikaans te toer en die mees ervare toerleiers! Baie dankie. Ek is besig om my man te oorreed vir 'n volgende toer sommer dieselfde een as wat ek op was. Dis nou waarde vir geld! (Lizette Pienaar, Mei 2009) Baie, baie dankie vir die wonderlike toer wat julle georganiseer het. Dit is die mees lekkerste bustoer wat ek nog ooit op was. Ons het dit baie geniet. Dit is alles so asemrowend mooi, selfs ek wat al heel dikwels in die vreemde rondgeswerf was betower deur Europa se skoonheid. (Ina Erasmus, Mei 2009) Baie dankie vir 'n wonderlike toer! Ons was bevoorreg om ons eerste kontak met Europa saam met julle te kon meemaak. Baie dankie veral vir goeie organisasie, vir 'n lekker humorsin en veral vir die rustigheid wat jy uitstraal. Jy het ons baie veilig laat voel. (Christo en Sanet Stassen, Mei 2003)
Ek het baie waardering en hoë agting vir julle om 'n toer so spesiaal en aangenaam te maak. Baie dankie dit was 'n fantastiese tyd saam met julle en almal. Onvergeetlik! ... Die organisasie en reëlings vir die toer is perfek gewees, baie dankie julle. (Elnita Mackey, April 2006) Baie dankie Tienie en Harda - die toer was fantasties. Alles was goed en professioneel gereël. As ons ooit weer wil toer, sal ons beslis weer saam met julle wil gaan. (Johan en Patrys Britz, September 2006) Watter louter plesier was dit nie? Van Potch tot nou! Julle mag dit doen. Verryk ons lewe en lewer 'n diens wat skrik vir niks! Orals was dit so mooi en keurig en julle het almal se gemoedstemming in harmonie gebring. (Johanna Blom, September 2006)
Baie dankie vir 'n wonderlike toer. Dit was spesiaal en ons is baie bevoorreg om dit te kon ervaar.
Ons wil net vir julle baie dankie sê vir 'n onvergeetlike toer. Ons gees is nog daar.
My ouers het al saam met julle gaan toer en kan nie uitgepraat raak nie. Hulle is oortuig dat julle die enigste toer-organiseerders is wat mens behoort te gebruik vir bekostigbare, maar steeds uitstekende diens.
Geagte Tienie en Harda Skakel ons vir 'n naam- en adreslys van vorige toerlede as verwysing. |