Die Augustustoer 21 Augustus - 4 September 2012 Van Wes na Oos - Van die Seine tot die Donou
15 FANTASTIESE DAE
SLEGS R25 450 per persoon wat deel Vliegkaartjies en twee eteselke dag ingesluit.
Ekstras ingesluit by u toerprys:
Reeds R2000 van die lughawebelasting (toerprys dus R23 450)
Heurigervertoning (Weense sang en musiek met ete en wyn in Wenen)
Bootvaart (2 ure) op die mooiste deel van die Ryn
Toegang tot vlak 2 van die Eiffeltoring
Binnelandse vlugte in Europa
Luukse, lugversorgde toerbus
Alle parkering en tolbelasting
Toerprogram:
(Kliek op die onderstreepte, gekleurde woorde vir meer inligting) Dag 1 - Vertrek die aand vanaf JNB Internasionaal met die nuwe, reusagtige Airbus A380. Geniet aandete aan boord asook ontbyt. Dag 2 - Land vroegoggend in Parys waar ons toerbus wag. Doen 'n bustoer van die stad en sien onder meer die Champs Elysees, Triomfboog, Place de la Concorde, Opera, Louvre en vele meer. Ons besoek die Eiffeltoring en u kry 'n kaartjie tot by die tweede vlak. Vertrek na Brugge waar ons oornag Dag 3 - Heeldag besoek aan die pragtige stadjie Brugge. Besoek die Grote Markt, koop Belgiese kant en sjokolade. Moet net nie vergeet om 'n Kwak of 'n Kriek te drink nie. Wat van 'n bootvaart op die kanale deur die stad. Dag 4 - Reis vanoggend ooswaarts deur Nederland. Doen aan by Keulen waar u die die wêreldbekende Dom en "Eau de Cologne" kan besoek. Reis verder al langs die Ryn op verby vele middeleeuse kastele tot by Rüdesheim waar ons langs die Ryn oornag. Dag 5 - Kuier vandag rustig in die geskiedkundige en pragtige Rüdesheim . Besoek die bekende Drosselgasse. Wat van 'n besoek per kabelkar oor die wingerde na die indrukwekkende Nierderwaldmonument? Laatmiddag het ons 'n Rynvaart vanaf St Goarshaussen, verby die Loreley terug na Rüdesheim. Dag 6 - Vandag toer ons ooswaarts na die geskiedkundige Rothenburg ob der Tauber. Hier kuier ons vir 'n paar uur in die pragtige middeleeuse stadjie met sy poorte en ringmuur langs die Tauberrivier. Slaap vanaand in 'n piepklein Duitse dorpie, Velburg, met sy geskiedkundige hotel. Dag 7 - Besoek vandag die geskiedkundige Nürnberg wat 'n kernrol in Nazi-Duitsland gespeel het. Maak 'n draai by Königstor, Lorentzplatz, die deugdefontein, die Hauptmarkt met sy stalletjies, die keiserlike paleis en vele meer. Dag 8 - Sit ons reis voort na die Tjeggiese Republiek. Besoek die Praagse kasteel waar u waarskynlik 'n wisseling van die wag kan sien. Geleentheid om St.Vituskatedraal te sien. Dag 9 - Heeldag in Praag. Besoek die historiese Karelsbrug oor die Moldou, die ou stadsplein, die astronomiese klok, St Wensclassplein en vele meer. Wat van 'n musiekuitvoering of 'n bootrit op die Moldou?
Dag 10 - Reis deur die Tjeggiese platteland na Wene in Oostenryk. Besoek die Straussmonument in die stadspark. Vanaand geleentheid om 'n Strausskonsert by te woon Dag 11- Heeldag besoek aan Wene. Sien die Hofburg, Staatsopera, St Stefanskatedraal en vele meer. Sluit die aand af met 'n eg Weense Heuriger vertoning met musiek, danse, sang, 'n ete en nog 'n beker wyn op die koop toe. Dag 12 - Besoek vanoggend die Schönbrunnpaleis. Reis na Melk waar ons by die beroemde abdy aandoen. Vertrek na Salzburg waar ons in die prentjiemooie dorpie, Unken, in die Oostenrykse Alpe vir die volgende twee nagte oornag. Dag 13 - Besoek Salzburg. Sien die Mirabelpaleis, Salzachrivier, Getreide Gasse, Mozart geboortehuis, Hohensalzburg en nog meer! Besoek 'n geskiedkundige soutmyn waar u kan afdaal en op 'n ondergrondse meer kan vaar. As die tyd dit toelaat besoek ons die asemrowende Grossglocknerpas. 14 - Reis vroegoggend deur die mooiste vallei in die Alpe na München, die "Juweel van Beiere". Sien die Olympiastadion, Marienplatz, Hofbräuhaus, Viktualmarkt en as daar tyd oor is die Dachau konsentrasiekamp. Vertrek 20:35 vanaf die lughawe oor Parys na Johannesburg met die splinternuwe Airbus A380. Aandete aan boord. Dag 15 - Geniet ontbyt op die vliegtuig. Land op JNB teen ongeveer 9:40, stokflou na ‘n baie aangename en opwindende toer. Jy wil dit nie misloop nie!